Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Bus- en Nasorgdienste

Busdienste

Hoërskool Upington beskik ook oor ‘n busdiens vanaf Keidebees daagliks na en van die skool (soggens en in die middae)

Plekke is beperk, so indien u van hierdie diens gebruik wil maak in 2018, moet u so spoedig as moontlik die skool kontak by 054-332 1491 om u kind se plek te bespreek.

Die koste beloop R600 per leerder per kwartaal en R350 per leerder per kwartaal (slegs soggens of middae)

Nasorgdiens

Hoërskool Upington beskik oor ‘n nasorgdiens waar leerders in die middae in die koshuise, Huis Oranje(seuns) en Huis Vereniging(meisies) geakommodeer word ten opsigte van etes en studietye. Hierdie diens word spesiaal gelewer vir werkende ouers wat dan gerieflik net na werk hulle kinders kan kom afhaal.

Die kostes per dag is: R40.

Ouers wat in hierdie diens belangstel moet asb vroegtydig die skool kontak by 054-332 1491 om u kind se plek te verseker vir 2015. Plekke is beperk en is slegs beskikbaar indien fasiliteite dit toelaat.

 

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee