Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

DRAMA TUSSEN DIE DAISIES!!!

Ons uitsonderlike prestasies by die fees: “KLIEK” – Zaskia Pain, Samantha Jansen en Jana Lategan, verower elk ‘n Brons vir individuele spel. Sue-Ellen Pretorius wen ‘n Silwer. Ons regisseur, juf. Lesley Swart, wen ‘n Brons vir haar regie en haar nuutgeskrewe teks. “Grens” – Reuben Murphy verower ‘n Silwer toekenning, Dennis Hoft en S.Z. Minnaar wen elk ‘n Goud. Neville Schubach wen ‘n Silwer prys vir sy klankontwerp. Mev. Swart wen Goud vir haar regie. Saam met die Goud vir haar nuutgeskrewe teks vir Grens wen sy ook die prys vir die Beste Nuutgeskrewe Teks. S.Z Minnaar wen die prys vir die Mees Belowende Akteur en Dennis Hoft word verras met ‘n nominasie vir Beste Akteur. Baie geluk aan hierdie leerlinge en afrigters! Sterkte met die pad vorentoe!
Upingtonners moet onthou om nie die kans te laat verbyglip om self te kom deel in die drama nie. Die 12de Augustus 2013 om 19:00 stiptelik sal altwee die stukke te sien wees in wat beloof om ‘n aand vir die fynproewer te wees. Vir slegs R30 per kaartjie, wat by die deur beskikbaar sal wees, word almal wat ‘n tikkie kultuur smag uitgenooi. Met ‘n seisoen wat al so baie toekennings opgelewer het, hoe kan jy dit misloop?
Moenie vergeet om ons groep te ‘like’ op Facebook vir al die nuutste brokkies nuus nie.
DRAMA TUSSEN DIE DAISIES!!!

Kopiereg © 2020. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee