Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

HOËRSKOOL UPINGTON DRAMA VERMAAK OP VRYFEES

Dit het besonders goed gegaan. Die stukke, ‘GRENS’ en ‘KLIEK’, het albei baie goeie repliek vanaf die twee beoordelaars gekry. Grens het tweede geëindig, Reuben Murphy het Mees Belowende Akteur gewen vir sy vertolking van die karakter Samuel en S. Z. Minnaar het Beste Akteur gewen vir die rol van David. Albei hierdie karakters kom uit die dramastuk ‘Grens’

‘n Bietjie meer inligting omtrent hierdie twee stukke:

KLIEK bied ‘n deurdringende kykie na die digitale wêreld waarin vandag se tieners hulleself bevind. ‘n Wrede, ontnugterende stuk wat demonstreer hoe maklik dinge totaal en al verkeerd kan loop… (Ouerleiding vir kinders onder 13)

GRENS is die verhaal van David en Samuel, twee seuns wat aan verskillende kante van die Apartheidsregime grootword. Hartverskeurend, intieme teater op sy beste. (Ouerleiding vir kinders onder 13)

Ons sal ook weereens vanjaar vir die groter Upington gemeenskap optree. Hou ons Facebook-blad ‘Hoërskool Upington Drama’, die plaaslike koerante en reklameborde dop vir meer inligting omtrent hierdie optrede. Met ‘n drama-seisoen wat so afskop, hoe kan jy anders as om dit nie mis te loop nie?
HOËRSKOOL UPINGTON DRAMA VERMAAK OP VRYFEES
VLNR:
Zaskia Pain, Dennis Hoft, Samantha Jansen, Reuben Murphy, SZ Minnaar, Jana Lategan, Sue-Ellen Pretorius

Kopiereg © 2020. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee