Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppie op reis… na roem!

Mari-Alet van Zyl van Hoërskool Upington is voorwaar `n ster. Sy het onlangs deelgeneem aan `n teaterproduksie wat opgeneem is vir televisie. Dit het plaasgevind by die Etienne Rousseau teater in Sasolburg. Dié teaterstuk is getiteld “Pouse vir Generation Y” en is deur Reynardt Hugo geskryf en het geskied onder direksie van Izak Davel.

Kyk gerus die volgende maand of twee op Kyknet / Via vir wanneer die stukke uitgesaai word.

Asof dit nie al op sy eie `n baie goeie prestasie is nie, word Alet-Mari opgeneem in `n Elite-groep van kinders wat aan `n gevorderde kursus gaan deelneem. Hierdie groep gaan o.a. kortfilms en musiekvideo`s maak wat op tv gaan verskyn.

Die kursus het 4 komponente:

  1. Werkswinkels waar jy fisiese klasse gaan ontvang deur Izak Davel, Desiré Gardner en Viljé Maritz, vir `n kortfilm waarin sy gaan verskyn.
  2. Sy kry `n pertinente rol in `n musiekvideo van een van ons land se bekende kunstenaars.
  3. Dan verskyn sy ook in `n kortfilm wat vir televisie verfilm word, saam met `n bekende akteur – hierdie gebeur Desember in Parys (Vrystaat).
  4. Laastens kry sy ook vir 3 aanlynklasse per maand vir 4 maande waar een van óf Izak Davel, Desiré Gardner óf Viljé Maritz haar mentor sal wees en hul sal ook gereeld met haar kontak hou sodat sy maksimale kennis kan opdoen.

Welgedaan, Mari-Alet! Jy is ons eie sterretjie en ons hoop saam met jou op `n glorieryke loopbaan.

Kopiereg © 2021. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee