Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

UPPIES DRAMA MAAK SKOONSKIP!

Albei stukke het oorweldigende positiewe kommentaar van die twee beoordelaars, Claudine Engelbrecht en Alec Debbo, gekry. “Genade” se vyf spelers is geprys as ware verhoogakteurs wat presies weet waaroor verhoog en drama gaan. “Kringloop” se ensemble is geloof vir hulle energie en samewerking. Alec het “Kringloop” beskryf as: “WOW! Punt-van-jou-stoel-vermaak!”
Toe die tyd aanbreek dat die feespryse oorhandig moet word, was hierdie groepie leerlinge en onderwysers vriendelik verras toe die volgende pryse gewen was: Sue-Ellen Pretorius wen Mees Belowende Aktrise, Jana Lategan wen Beste Aktrise en Dennis Hoft loop weg met die prys vir Beste Akteur. Om alles te kroon wen “Kringloop” Beste Produksie en slaan ‘n kans los om die Vryfeesgehore vir ‘n tweede maal te betower. Hoërskool Upington het met die uitmuntende prestasie stof in die oë geskop van vier ander skole sowel as ’n dramaskool!

Ons wens hierdie kunstige groepie net die beste toe vir al die dramafeeste wat voorlê.
UPPIES DRAMA MAAK SKOONSKIP!
Kringloop-ensemble
Voor vlnr: Samantha Jansen, Lynette Engelbrecth, Jana Lategan, Hesna Theron, Marié Minnaar
Agter vlnr: Xayaan Maasdorp, Janhé Goussard, Zaskia Pain, Reuben Murphy, Charlton Basson, Dennis Hoft, Andisiwe Cetyiwe, Elvanrich van Wyk, Chantal Willemse, Sue-Ellen Pretorius, Kaelene Hendricks
UPPIES DRAMA MAAK SKOONSKIP!
Vlnr: Dennis Hoft, Jana Lategan, Sue-Ellen Pretorius

Kopiereg © 2020. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee