Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

E-leêrs / Tablette

Hoërskool Upington verander en vernuwe voortdurend.

In 2015 het Hoërskool Upington oor beweeg na onderrig in ‘n e-leer platvorm, wat onderrig vir u kind baie meer doeltreffend en interessant gaan maak.

Die minimum vereistes vir tablette word hieronder gelys. Toon dit aan enige verskaffer om seker te maak dat u die regte toestel aankoop.

Minimum vereistes vir die koop van tablette:

  • Dual-Core of QuadCore CPU met 1.5GHz-verwerking spoed
  • 8GB interne stoorplek of meer
  • 1.5GB geheue of meer
  • Android 4.1 of hoër.
  • 10.1’-skerm word aanbeveel
  • A-graad WiFi-komponente
  • Battery lewe wat tot 8 ure kan hou gedurende videospeel
  • Neem asseblief kennis: Dit word sterk aanbeveel dat ‘n dubbele band (2,4 en 5Ghz) Vlak 1 gebrandmerkte toestelle soos Samsung, Lenovo, Acer en SonyExperiaom net ‘n paar te noem, aangeskaf word.
  • Geen internet toegang word benodig nie

Die volgende is ʼn lys van verskaffers in Upington wat tablette het wat aan hierdie spesifikasies voldoen. Let wel dat hierdie winkels net ʼn gids is en nie ‘n volledige lys van verteenwoordigende winkels is nie:

  • Game
  • CNA
  • NashuaMobile
  • Cell C
  • Vodacom
  • MTN
  • Musica
  • BSA
  • JAM
  • URB
  • Homecorp
  • Compufin
  • Compubit (Kalahari Mall)

Pryse en pakkette verskil van verskaffer tot verskaffer, dus word u aanbeveel om verskillende moontlikhede te ondersoek.

Maak seker dat ‘n verlengde waarborg verskaf word en die toestel verseker is.

Vir verdere navrae kontak gerus ons e-leer span: J Swanepoel, A Teessen, N Schubach

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee