Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Gimnasium

‘n Goed toegeruste gimnasium is, onder die bekwame leiding van Mnr R Erasmus, op die skoolterrein beskikbaar.

Mnr Erasmus het al genoegsame ervaring in skool en klubspanne rugby afrigting en kondisionering vir die afgelope 6 jaar. In 2014 is hy aangestel by die Free State Sport Science Institute as n Elite Sport Trainer. Hier was hy betrokke by vele sportsterre en ook Vrystaat rugby. Hy was ook betrokke by die konditionering van die Centrale Universiteit van Tegnologie se rugby gedurende die Varsity Cup asook sewes en daarna sy vlerke versprei na Bloemfontein Polisie rugbyklub as afrigter en konditioneerder. Mnr Erasmus was ook die agterspeler afrigter van HS Upington se 0/15’s in 2019. Sy rugby kwalifikasies sluit onder meer die volgende in:

  • Vlak 1 Afrigtingsdiploma van die Internasionale Rugbyraad
  • Tans besig met vlak 2 afrigtingsdiploma van die Wêreld Rugbyraad
  • Boksmart
  • Konditionerings afrigter by onder meer Varsity Cup en Varsity sewes (2014 – 2016),
  • Afrigter en konditioneringsafrigter by Bloemfontein Polisie (2017 – 2018)
  • Spanbestuurder O/15 GWK Rugby week (2019).

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee