Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Kafeteria

Wat is ‘n pouse sonder ‘n dubbel ‘toast’ broodjie?

Die afgelope 11 jaar is dit die toppunt van gewildheid onder die Uppie leerders. Die kafeteria het ‘n unieke karakter opgebou en is deel van die trotse Uppie tradisie.

Foto’s en handtekeninge van oud-skoliere pryk teen die mure. Hier word elke dag lekker geëet en gekuier. Hotdogs, ‘toasties’, gesonheidsrolletjies, ‘brownies’, lollies, koeldrank en allerhande lekkernye is elke dag op die spyskaart. Wintertye is dit ‘slapchips’ en koffie! Voorwaar ‘n stres ontlading sone vir leerders tydens ‘n besige skooldag.

Tannie Francolien en Rosie (Assistent) | Hoërskool Upington High School

Die kafeteria is in die bekwame hande van Tannie Francolien en Rosie (Assistent).

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee