Kleredrag
Somersdrag
Wintersdrag
Netheid:
Meisies
- Hare mag nie in die oë hang nie. Geen jel of soortgelyke middels word aan hare toegelaat nie. Slegs wit, koningsblou, skool oranje en swart haarlinte word toegelaat.
- Sodra hare oor die kraag hang, moet dit vasgebind word. Hare moet die natuurlike kleur wees en mag nie permanent gegolf wees nie.
- Geen juweliersware en grimering mag gedra word nie, behalwe klein goudkleurige of silwerkleurige oorringe (maksimum 15mm in deursnee) sonder edelstene – een in elke oor.
- Geen naellak word gebruik nie en naels mag nie oor vingerpunte wees nie.
- Skooldrag word tydens skoolfunksies gedra. Sportdrag soos voorgeskryf.
Seuns
- Hare mag nie wenkbroue en ore raak nie. Geen alternatiewe haarstyle, bv. Mowhawk, word toegelaat nie.
- Hare mag nie hempkraag of baadjiekraag raak nie en moet geleidelik na bo gesny word.
- Bakkebaarde nie laer as middel van die oor nie.
- Hare moet van natuurlike kleur wees.
Netheidskontrole
- Register- en vakonderwysers, asook die VRL lede, is op ‘n daaglikse basis hiervoor verantwoordelik.
- Formele netheidskontrole sal onafgekondig op ‘n deurlopende basis plaasvind.
- Registeronderwysers onder leiding van die graadhoofde sal dit hanteer.
Algemeen
- Provinsiale klere mag nie na klasse gedra word nie, maar wel na sportgeleenthede met die toestemming van die betrokke sportafrigter.