Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

ATKV by Solareff/OWK praatjie!

Sommige van Hoërskool Upington se Kultuurdiere asook die Top 10 van gr.11 en 12, het onlangs `n baie interessante praatjie bygewoon.

Solareff, `n spesialis SA gebasseerde hernubare energie voorsienings maatskappy, het dié week die begin van OWK se 592 kWp Solareff Solar PV kom vier. Hul het dit goedgedink om die ATKV te betrek en die skole wat `n ATKV-tak het, is genooi.

Die praatjie was besonders insiggewend en dié leerders kon die agterna vrae sommer flink beantwoord en het pragtige geskenke gekry.

`n Groot dank aan OWK en Solareff wat die belange van ons kinders nog raaksien en ons uitnooi om geleenthede soos hierdie by te woon. Ons is altyd beskikbaar vir geleenthede wat die gemeenskap aan ons bied om ons kinders vir die toekoms op te lei.

Kopiereg © 2021. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee