Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

ATKV Jeugtak reik uit op Mandela-dag

Die Kultuurdiere, die ATKV se Jeugtak van Hoërskool Upington, het tydens die onlangse Mandela-vieringe gewys hoe goed hul harte is.

ATKV Jeugtak reik uit op Mandela-dag

Hulle het eerstens na die Thembelihle Dienssentrum vir bejaardes gegaan waar hul komberse uitgedeel het vir die oumensies.
ATKV Jeugtak reik uit op Mandela-dag

Hul is daar hartlik ontvang en die mense se optrede het van hul dankbaarheid getuig. Na ons lekker saam gesing het, is hul na die Vlytige Breintjies skooltjie vir die klein kindertjies. Hier het hul koekies, lekkers en heerlike speelgoed uitgedeel. Die kleintjies het die Uppies verstom met hul liedjies en rympies – selfs in Engels. `n Groot dank aan Me. Sephapo vir die werk wat sy daar doen.

ATKV Jeugtak reik uit op Mandela-dag

Almal was dit eens dat dit `n heerlike geleentheid was vir die oumensies en die kinders, maar nog lekkerder vir die Kultuurdiere.
Hulle het geleer: Dis eers wanneer jy van jouself gee, dat jy werklik gee!!

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee