Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies extreme

Op 23 Oktober 2021 neem 3 Uppie spanne deel aan die jaarlikse Upington Extreme Lite by Oranjerus. Omdat daar nie ‘n skole kategorie was nie, het hulle in die gemengde span kategorie deelgeneem.

 

Die Brilpaddas, nl Murray Louw (swem), Francois Jeppe (fietsry) en Kate Nugent (draf) wys hulle staal en wen hierdie kategorie.

 

Die Adrenaline Machines nl Cameron Gilbert (swem), Iwan Faul (fietsry) en Heyna Cupido (draf) bring ook hulle kant en voltooi die roete met ‘n glimlag en in goeie gees.

 

Die Three Musketeers nl Johané Fourie (swem), Martin Kotzé (fietsry) en Meshall Visagie (draf) sorg dat al 3 Uppie spanne die dag suksesvol voltooi.

 

Dit was ‘n goed georganiseerde geleentheid en almal het die kans gehad om weer deel te neem en te kompeteer.

 

Baie dankie aan ons borge vir die dag: Russel Nugent, Emerald en Pick ‘n Pay. Sonder julle is hierdie geleenthede nie altyd moontlik vir ons atlete nie. U betrokkenheid en insette word regtig waardeer.

 

Kopiereg © 2022. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee