Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies presteer by Kalahari Eskom Expo

Uppies het pragtig presteer by die Kalahari Eskom Expo vir jong wetenskaplikes, deur een goud, drie silwer en drie brons toekennings te ontvang. In die kategorie: Nuwe Uitvindings en Tegnologie, behaal Erize van den Heever, goud met haar projek: ‘’Sterk Staan’’ en wen ‘n hardeskyf as prys. Leemè Janse van Rensburg behaal silwer met haar projek, ‘’Wonderseep’’. Die projek is so innoverend, sy dring deur na die Nasionale Expo in Johannesburg in Oktober.

Verder kry Jodean Klassens en Gerhard Joubert silwer toekennings en Paul van Zyl, John Neser en Ann-Magaret van der Merwe behaal brons. Micaela Fritz, Herman Brandt en Corynne Julies kry deelname sertifikate. Baie geluk aan die klompie jong wetenskaplike Uppies!

Uppies presteer by Kalahari Eskom Expo | Hoërskool Upington High School

Foto 1:
Voor: Micaela Fritz(Deelname sertifikaat), Leemé Jansen van Rensburg(Silwer), Erize van den Heever(Goud), Ann-Margaret van Wyk(Brons), Corynne Julies(Deelname sertifikaat)
Agter: Jodean Klassens(Silwer), John Neser(Brons), Gerhard Joubert(Silwer), Paul van Zyl(Brons), Herman Brandt(Deelname sertifikaat)

Uppies presteer by Kalahari Eskom Expo | Hoërskool Upington High School

Foto 2:
Leemé Jansen van Rensburg (Behaal silwer en gaan deur na Nasionale Expo), Erize van den Heever(Goud)

Kopiereg © 2020. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee