Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Interjol Nuus 2011

Groot Interjol Naweekprogram

Donderdagaand: 11 Augustus 2011

“Groot Brag” begin vanaf 18:00 in die skoolsaal

TEE : Vrydagoggend: 12 Augustus 2011

Reünie groepe skop die naweek af met tee om 10:00 saam met die personeel in die klubhuis. Reünie groepe se sameroepers word vriendelik versoek om voor 8 Augustus 2011 die getalle aan die kantoor deur te gee.

DANS: Vrydagaand: 12 Augustus 2011

Moenie Vrydagaand (om 19:00) die dans in die skoolsaal misloop nie. Die Graad 11 groep sorg vir lekker musiek en ‘n heerlike warm maaltyd. Sou die reünie groepe deel wou wees van die dans, word die sameroepers versoek om getalle (nie later nie as 8 Augustus 2011) aan die kantoor deur te gee by tel 054 332 1491.
Daar word gereël dat reünie groepe bymekaar sit en sameroepers kan die kaartjies vanaf 8 Augustus 2011 by die kantoor afhaal.

PRYS: SAL NADER AAN DIE TYD BESKIKBAAR WEES

ETE: Saterdag 13 Augustus 2011

Na afloop van die hoofwedstryd kan u die naweek op ‘n gesellige noot kom afsluit met ʼn HEERLIKE ETE in ons klubhuis. Sou die reünie groepe deel wou wees van die ete moet die getalle nie later nie as 8 AUGUSTUS deur die sameroepers aan die kantoor (054 332 1491) deurgegee word.

PRYS: SAL NADER AAN DIE TYD BESKIKBAAR WEES
Kaartjies is ook, na afloop van die hoofwedstryd, by die klubhuis te koop.

KOM GENIET DIE NAWEEK SAAM MET ONS

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee