Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Narike Hoft ryg medaljes in by Noord- Kaap Saalperd Streekskou

Narike Hoft het deelgeneem aan die Upington Noord- Kaap Saalperd Streekskou op 24 en 25 September 2021.

In die Noord-Kaap Saalperd Ruiterkuns driegang proewe, op die rug van EF Fever Pitch, is sy die goue medalje wenner en ontvang sy ‘n kontant prys vir die beste toets gery in 3-Gang of 5-Gang tydens die medalje klasse.

 

Sy word ook as 3-Gang kaptein aangewys vir die 2022 provinsiale kampioenskappe. Sy is ook eerste geplaas in die 3-Gang Ruiter 18jr en onder – Ruiterkuns.

Die eerste twee foto’s is van haar en Fever in haar genoemde ruiterkunsklasse afgerig deur Martin Pienaar van Dream Acres Equestrian Centre.

 

In foto 3 is sy op Commander van Wim van Bergen en wen die Kinder Parkperd vir ruiters 18 jaar en onder en in foto 4 is sy op Double Dose, ook van Wim van Bergen, waarmee sy vir die eerse keer in ‘n 5-Gang Kinderryperd klas vir 18 jaar en onder deelgeneem het en tweede geplaas is.

 

Kopiereg © 2021. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee