Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

SA Saalperd Nasionale Kampioenskappe

 SA Saalperd Nasionale Kampioenskappe vanaf 23 April -27 April 2019.

Narike Hoft het in die 14 jaar en onder 3 Gang Ryperd klas ‘n agtse plek ontvang en in die 14 jaar en onder 3 Gang Ruiterkuns klas, ‘n vierde plek. Al die ruiters in die land ry teen mekaar in hul ouderdomsgroepe en daarom is ‘n plasing op Bloem, ‘n geweldige prestasie en beloning op harde werk.

Jessi Wessels `n graad 11 leerder het deelgeneem aan die gesogte  Kampioen van Kampioene Ruiterkuns  Kompetisie vir beide die 3Gang en 5Gang. Die reën in Bloemfontein het groot spanning veroorsaak tydens die uitdunrondtes vir hierdie  kompetisies en daarom moes die formaat aangepas word ten einde vir die reën voorsiening te maak.  Nadat Jessi en die ander ruiters almal die slegte weer trotseer het, het sy  deurgedring na die finale 8 vir beide die 3Gang en 5Gang in hierdie  kompetisies.

Op Saterdag 27 April 2019 na die finale Klasse word sy 5e geplaas in beide die 3Gang en 5Gang, voorwaar geen geringe prestasie nie.

Jessi het ook deelgeneem aan die 3Gang Ryperd Ruiterkuns Klas 16 jaar en onder en behaal hier ‘n 4e plek.

Jessi en haar perde word afgerig deur Martin L Pienaar van die Dream Acres Equestrian Centre in Bloemfontein.

Op Maandag 22 April 2019 tydens ‘n dinee op die skou ontvang Jessi ook haar Junior Protea 5Gang kleure, voorwaar ‘n trotse oomblik.

Jessi gaan in New Orleans deelneem aan ‘n kompetisie vanaf 26 Junie 2019-6 Julie 2019.

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee