Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe

Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe: 25-28 April 2018 by die Wêreld Opelug Saalperdskou te Bloemfontein.

Inge Wessels, Jessi Wessels en Toanita Strauss het onlangs deelgeneem aan die SA Nasionale Saalperd Kampioenskappe wat in Bloefontein plaasgevind het vanaf 23/04/2018-28/04/2018. Die Uppies het hulle baie goed van hul taak gekwyt en verskeie rosette gewen. Hul onderskeie uitslae is as volg:

1. Inge Wessels en haar perd, Peter the Wolf, het as volg gevaar:
•5Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder – 2e Plek
•5Gang Plesierperd Ruiterkuns 18 jaar en onder 3e Plek
•GROOT KAMPIOEN 5Gang Kinder Plesierperd – 5e plek

2. Jessi Wessels en haar perd, BRT Street Asignment, het as volg gevaar:
•5Gang Ryperd Ruiters 16 jaar en onder 3e Plek
•5Gang Ruiterkuns Ruiters 18 jaar en onder – 2e plek
•GROOT KAMPIOEN 5GANG Kinderryperd – 6e plek
•Jessi en haar 3Gang perd, Hello Beautiful, het ook ‘n 4e plek in die 3Gang Ryperd Ruiters 16 jaar en onder behaal.

3. Toanita Strauss behaal ‘n 7e plek in die 3Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder op haar perd Successful Raid, asook ‘n 2e plek met die perd Cameo Springs Song in die 3Gang Plesierperd Ruiterkuns Ruiters 18 jaar en onder.

Narike Hoft, graad 8 leerder , het deelgeneem aan haar eerste Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe te Bloemfontein en uitstekend gevaar.
Sy het deelgeneem aan die 3 Gang Ryperdklas ruiter 14 jaar en onder en ‘n derde plek in die land behaal met EF Fever Pitch en in haar 3 Gang Ruiterkuns klas, 14 jaar en onder, ‘n agste plek, uit vyftien ruiters, waaronder Protea ruiters. Prestasies om voorwaar op trots te wees.
Haar afrigter is Martin Pienaar van Dream Acres Equestrian Centre Bloemfontein.

Die Uppies het die skou terdeë geniet en die skool se naam soos altyd hoog gehou.

Suid-Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe

Foto:
Narike Hoft, Inge Wessels, Toanita Strauss en Jessi Wessels

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee