Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppie se deelname tydens Provinsiale Karate kampioenskappe ‘n sukses

Zelmay October, ‘n leerder van Hoërskool Upington, was in goeie vorm en het ‘n Silwer en ‘n Brons medalje verower tydens die Kimberley provinsiale proewe, 4 Februarie 2017.

Sy is deel van die provinsiale span wat gaan deelneem tydens die Nasionale Kampioenskappe te Durban, die 3-4 Maart 2017.

Baie geluk met jou prestasie en sterkte met die seisoen!

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee