Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies se swemmers presteer!

Uppies se swemmers het deelgeneem aan die Flamingo Gala, gehou te Kimberley op 19 & 20 Oktober 2018.

Die leerders wat deelgeneem het was Jessi Wessels, Ruan le Roux, Carmen Gilbert en Lorraine Groenewald.

Hulle uitslae is soos volg:

Jessi Wessels: 100m borsslag – goud, 100m vlinderslag – silwer, 50m vryslag – brons, 100m vryslag – brons en sy kom 4de met die 100m rugslag.

Ruan le Roux: 100m borsslag – silwer, 50m vryslag – brons, 100m vryslag – brons, hy eindig 4de met die 100m vlinderslag en 4de met die 100m rugslag.

Lorraine Groenewald: 100m rugslag – brons, sy eindig 4de met die 800m vryslag en 4de met die 50m vryslag.

Carmen Gilbert: Eindig 4de met die 100m vlinderslag, 4de met die 100m borsslag, 7de met die 50m vryslag, 8ste met die 100m rugslag en 6de met die 100m vryslag.

Jessi en Ruan is ingesluit in die Noord-Kaap span vir die Fezile Dabe Interprovinsiale Gala wat in Sasolburg gehou word op 3 November 2018.

Sterkte met jul voorbereiding!
Ruan le Roux en Jessi Wessels
Ruan le Roux en Jessi Wessels

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee