Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

PLATTELAND LIGA UITSPELE

PLATTELAND LIGA UITSPELE

Die afgelope naweek het die Platteland Liga Uitspele plaasgevind in Upington. Tydens hierdie uitspele het vier van ons dogtersspanne deelgeneem, nl. 0/18A, 0/18B, 0/16A en 0/16B. Die 0/18A (1ste dogters) span het in die 1ste liga deelgeneem, die 0/16A en 0/18B spanne in die 2de liga en die 0/16B dogters in die 3de liga. Daar was in totaal 9 Plattelandse skole wat deelgeneem het aan die uitspele met hul verskillende spanne in die verskillende ligas.

Die uitslae van die vier dogtersspanne is as volg:

1ste Dogters

HU vs Duineveld 1 – Verloor 2 – 0

HU vs HMO 1 – Wen 6 – 0

HU vs De Aar – Wen 4 – 1

HU vs Vaalharts – Wen 8 – 0

HU vs Kalahari – Wen 3 – 1

HU vs Curro – Wen 4 – 0

HU vs Hartswater – Wen 1 – 0

Die 1ste Dogters eindig dan algeheel 2de in die 1ste liga en dring deur na die Noord-Kaap uitspele te Kimberley op 2 en 3 Augustus.

0/18B Dogters

HU vs HU 0/16A – Verloor 1 – 0

HU vs DV 0/18B – Verloor 1 – 0

HU vs DV 0/16A – Verloor 8 – 0

HU vs HMO 2 – Wen 1 – 0

HU vs De Aar 2 – Gelykop 1 – 1

HU vs DV 0/16B – Gelykop 1 – 1

HU vs Kalahari 0/16 – Verloor 1 – 0

HU vs Danielskuil – Wen 4 – 0

Die 2de Dogters eindig dan algeheel 7de in die 2de liga.

0/16A Dogters

HU vs Duienveld 0/16A – Gelykop 0 – 0

HU vs HU 0/18B – Wen 1 – 0

HU vs DV 0/16B – Wen 1 – 0

HU vs DV 0/18B – Wen 3 – 0

HU vs HMO 2 – Wen 6 – 0

HU vs De Aar 2 – Wen 3 – 0

HU vs Kalahari 0/16 – Wen 3 – 0

HU vs Danielskuil – Wen 8 – 0

Die 0/16A Dogters eindig saam met Velties gesamentlik op die 1ste posisie, maar op grond van doelgemiddeld word hul dan 2de geplaas en dring dan ook deur na die Noord-Kaap uitspele in Kimberley op 2 en 3 Augustus.

0/16B Dogters

HU vs DV 0/14A – Verloor 3 – 0

HU vs Vaalharts 0/18B – Wen 3 – 0

HU vs Curro 0/15 – Verloor 4 – 2

HU vs HMO 3 – Wen 5 – 0

Die 0/16B Dogters eindig dan algeheel 3de in die 3de liga.

Dit was ‘n naweek wat behoorlik oorgeloop het van hokkiewedstryde. Uppies Hokkie is trots op elke dogter wat deelgeneem het en ons is besonders trots op elkeen se deursettingsvermoë en goeie sportmangees. Baie geluk aan ons 1ste en 0/16A Dogters wat na die Noord-Kaap uitspele deurgedring het, ons is opgewonde om te sien wat jul vermag.

Foto 1

Agter vlnr: Z. Blunden, K. Nugent, E. v Niekerk, M. Vorster. E. Selbourne. Juf. Y Botes, C. v Wyngaard, S. van Loggenberg, Z. Maisela, B. Puley. Voor vlnr: J. Swanepoel, K. De Beer, J. Hendricks, C. Buys, S. Lonte.

Foto 2

Agter vlnr: C. Koert, Y. Steenkamp, N. Hoft, E. Arnon, Juf C Erasmus, M. Bruwer, L. Slabbert, L. v Niekerk, J. Swanepoel. Voor vlnr: J. Nel, C. Kulsen, C. v Niekerk, N. Lubbe, I. Smith

Kopiereg © 2020. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee