Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Elanie Brand supersport ster vd maand

Elanie Brand

 

Elanie Brand, ‘n graad 11-leerder aan Hoërskool Upington, is gekies as die September wenner van die Kalahari Bulletin Let’s Play Sportster van die maand vir haar prestasies in tennis.

Elanie is haar skool se nommer 1 speler en beklee ook die nommer 1 posisie op die Noord-Kaap ranglys vir beide 0/17 en 0/19 dogters. Sy is opgeneem in die Suid-Afrikaanse skolespan wat in Junie in Brittanje gaan deelneem het aan die UTR (Universal tennis ranking) toernooi waar sy ook die derde plek op die ranglys van die SA-span beklee het.

Elanie sal nou in aanmerking kom vir die sportster van die jaar wat aan die einde van die jaar bekend gemaak sal word.

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee