Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Hoërskool Upington Besigheidsliga weer ʼn groot sukses!

Hoërskool Upington Besigheidsliga weer  ʼn groot sukses!

Hoërskool Upington se tweede Besigheidsliga-Kriekettoernooi het op Vrydag 20 September begin. Ag besighede het spanne ingeskryf waar elke span oor 5 Vrydae gespeel het. Vrydag  25 Oktober,was die finale rondte waar elke span uitgespeel het vir ʼn posisie om ʼn prys te wen.

Hier kon die besighede ʼn bietjie ontlaai van alle spanning. Min dinge is so lekker soos ʼn vuurtjie, ʼn biertjie en ʼn paar lopies op die koop toe. Saam met die pret is die manne van die “seuns” geskei en het Upington Toyota met die beker weggestap.

Baie dankie aan die volgende besighede wat deelgeneem het: Motolek, Upington Volkswagen, Walkers’s Midas, Intertekens, Nel en Vennote, Karsten Boerdery, Hudson Transport en Upington Toyota.

Foto: Vlnr- (Agter) Salmon Beukes, Albru Bruwer, Nielbert Kitching, Altus van den Heever,

(Voor) Jaco Beukes en AW Duvenhage

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee