Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Jano Malan presteer goed in St. Francis baai

Jano het reeds kwalifiseer vir Noord Kaap se onder 19 interprovinsiale span wat Desember nou in Kimberley gaan deelneem teen al die ander provinsies van die land.

Dit is ‘n spankompetisie tussen al die provinsies.  Jano het al toe hy 15 jaar oud was vir hierdie span gekwalifiseer.

 

Die naweek van 24 tot 26 September het Jano en die res van die onder 19 span deelgeneem aan die Noord-Kaap platteland toernooi waar die 4 sub-unies van Noord-Kaap en die onder 19 span teen mekaar gaan speel.

Die onder 19’s het goed gevaar en algeheel 2de geëindig:  Jano het 6 van sy 8 wedstryde gewen.

 

Die afgelope week het Jano aan die SA Boys onder 17 en Dimension Data onder 19 S.A. Kampioenskappe in St. Francis Baai deelgeneem.  A.g.v. Covid is die 2 toernooie gelyktydig aangebied.

Daar was 144 spelers in totaal, waarvan 96 onder 17 spelers was.  Slegs die top juniors in SA kwalifiseer vir die toernooi en slegs 2 seuns uit die Noord-Kaap het hiervoor kwalifiseer.

 

Jano eindig 8ste in die onder 17’s en is gesamentlik 11de in die onder 19 groep.  Verseker ‘n hoogtepunt vir hom om in die top 10 te eindig!

 

Eerkomende naweek neem hy deel aan die Lime Acres junior ope, waar hy die afgelope 2 jaar die kampioen was.

 

Kopiereg © 2021. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee