Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

NK Sportdag 2019

Uppies teen Noord-Kaap.

Die afgelope naweek het Hoërskool Upington op vele sportterreine teen Hoërskool Noord-Kaap deelgeneem.

Alhoewel die hokkie-uitslae dalk op papier nie so goed lyk nie, het Uppies die naweek hokkie van uitstaande gehalte gelewer teen ń skool wat bekend is vir baie goeie hokkie. Welgedaan, alle hokkie bokkies!

Die netbal en rugby het ook uitstekend gespeel teen Noord-Kaap. Oor die algemeen het die rugby en netbal goed vertoon en weinig wedstryde verloor met veral die 0/19 netbaldogters wat hul koppe hoog kan hou met hul wen oor Noord-Kaap se 0/19 span.

Hierdie wedstryde was goeie opwarming vir die groot stryd wat voorlê met Interjol.

 

Die uitslae is as volg:

0/18B HU dogters verloor 4 – 1 teen NCK 0/18B

0/18B HU seuns verloor 3 – 0 teen NCK 0/16A

0/16A HU dogters verloor 1 – 0 teen NCK 0/16A

0/18A HU seuns verloor 3 – 0 teen NCK 0/18A

0/18A HU dogters verloor 3 – 0 teen NCK 0/18A

 

Mnr. J du Plooy (1ste span seunsafrigter NCK) se woorde na afloop van die wedstryd was as volg: “I have never seen an Upington team play such great hockey. Upington hockey will definitely be some of the best competition in the near future.”

Uppies Hockey……what else?!

 

Rugby

O/19 A 14-26

O/16 A 24-21

O/15 A 22-12

O/14 A 15-17

O/17 25-19

 

Netbal

HU 0/14A wen vs NK 0/14A 21-9

HU 0/14B wen vs NK 0/14B 19-8

HU 0/16A wen vs NK 0/16A 24-14

HU 0/16B verloor vs NK 0/15A 8-28

HU 0/17A wen vs NK 0/17A 29-17

HU 0/17B verloor vs NK 0/15A 1-31

HU 0/19A wen vs NK 0/19A 27-22

 

Baie geluk met jul prestasies!

 

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee