Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Skoleskiet

Hoërskool Upington se skoleskiet het in 2006 begin. Verlede jaar was ons
hoogtepunt die drie Uppieskuts wat as deel van die SA-span in die VSA deelgeneem het.
Elné du Toit, Francois du Plessis en Juan Steenkamp het verseker ons skool se naam hoog gehou.

Vanjaar het die ons skoleskiet mooi uitgebrei met ‘n groot groep in graad 8. Dis
verblydend om die ywer en toegewydheid by oefeninge en kompetisies waar te neem.

Uppies se skuts het die tweede kwartaal uitstekend gevaar by Landboudal se kompetisie. Ons skuts het ses goue medaljes en twee silwer verower. Elné du Toit, Juan Steenkamp, Rian Loots en Janko Botma het uitstekend gevaar.
Juan Steenkamp het tydens die drie-posisie vir die o/21 Sportergeweer sy eie
rekord verbeter deur ‘n ongelooflike 559 te skiet. Quinette van Niekerk het
eerste geëindig as lugpistoolskut.

Tydens die Prieska skietkompetisie het Juan Steenkamp goud en silwer gekry.
As lugpistoolskut het Quinette van Niekerk eerste geëindig. Heelwat skuts het as gevolg van die naderende Junie-eksamen nie deelgeneem nie. Daar was dus goeie geleentheid vir die nuwe skuts om hul vorige kompetisie se tellings te verbeter.

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee