Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Staatmaker Uppieskuts!

Tydens die vierde Noord-Kaap skietkompetisie, gehou op 27 en 28 Julie 2018 by Oranje Noord, Upington, het Hoërskool Upington se skuts baie goed gevaar.

By die o/21 Sportergeweer kry Juan Steenkamp twee goue en Elné du Toit twee silwer medaljes. Albei met baie mooi tellings. Juan kry 550 en Elné kry 549 in die drie-posisie en Juan 347 met ‘n baie mooi staanposisie.

Janko Botma kry twee goud vir o/14 Veergeweer met ‘n baie mooi telling in die drie-posisie (514) en ‘n
nuwe rekord in die staanposisie (338).

Quinette van Niekerk kry brons in die lugpistool afdeling.
Janko Botma, Juan Steenkamp, Elné du Toit en Quinette van Niekerk
Foto: Janko Botma, Juan Steenkamp, Elné du Toit en Quinette van Niekerk

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee