Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uitsonderlike prestasies vir Uppieskuts

Tydens die vakansie, 30 September tot 4 Oktober 2018, het die Uppieskuts as deel van die Noord-Kaapspan, aan die SA-skole skietkompetisie te Newcastle deelgeneem. Elné du Toit het ‘n 100’tal geskiet in haar eerste lê-posisie en Juan Steenkamp het algeheel derde geëindig en as deel van die o/21 Sportergeweerspan het hulle ‘n derde plek gekry. Janko Botma het ‘n eerste plek in die staanposisie en ‘n derde plek in die 3-posisie gekry en algeheel tweede geëindig in die o/14 Veergeweerafdeling. As deel van die o/14 Veergeweerspan het hulle eerste geëindig. Markus Gous het ook algeheel vyfde in die o/14 Veergeweerafdeling geëindig.
Janko Botma, Elné du Toit, Juan Steenkamp en Markus Gous
Foto: Janko Botma, Elné du Toit, Juan Steenkamp en Markus Gous

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee