Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies 0/15 krieket seevier teen Kenhardt!

Uppies 0/15 krieket het op ʼn warm Dinsdag middag Kenhardt besoek om te kyk wie koning sal kraai na 25 boulbeurte.

Uppies het eerste gekolf en 123 lopies aangeteken. Sylvester Hoffman het met die kolf uitgeblink; 51 lopies nie uit.

Kenhardt gaan kolf toe en word uitgeboul vir 80 lopies. Ruwin Isaks het 4 paaltjies vir slegs 10 lopies gekry.

Uppies wen die wedstryd  met 43 lopies.

Baie geluk aan die seuns met die mooi prestasie.

Vlnr Agter: Franco Swart (Afrigter), Jano Malan, Caydon Daniels, Jayden Williams, Sylvester Hoffmann, Ruwin Isaks, Johan Maritz, SD Botes (Afrigter), Wian Kriek
Vlnr Voor: Roelof Slabbert, Darren Cloete, Jaco Fourie, Siphe Msebenzi.

Kopiereg © 2020. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee