Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies krieket speel die seisoen in 3 verskillende ligas

‘n Bedrywige seisoen het afgeskop en Uppies krieket speel die seisoen in 3 verskillende ligas, onder 15 liga, onder 19 liga, reserwe liga, asook in die Coca Cola T20 Shootout.

O/15 Krieket
O/15 Krieket
Agter: Ferdie Richter,SW Strauss, GT Geldenhuys, John-Mark Solomon, Brent Mulder, Awie van der Westhuizen, Ricky Slabbert, SD Botes, Benno-Wayne Friedman
Voor: Gideon Breedt, Sheldon Cloete, Jaydon Fortuin, Daylon Beukes, Geo Engelbrecht
Die jong span het 2 wedstryde sover gespeel die kwartaal.

Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Kenhardt.

Geo Engelbrecht slaan ‘n onoorwonne 69 lopies in 25 boulbeurte; Brent Mulder 45 en Daylon Beukes 58, wat bygedra het tot ‘n totaal van 211 lopies.
Hoërskool Kenhardt word uitgehaal vir 65 lopies. Brent Mulder neem 2 paaltjies, Ferdie Richter 3 en Ricky Slabbert 2.
Uppies O/15 wen met 146 lopies.

Die tweede wedstryd was teen Carlton van Heerden.
Uppies wen die wedstryd met 8 paaltjies
Brent Mulder neem 2 paaltjies, Ferdie Richter 2, Awie van der Westhuizen 2 en Jaydon Fortuin ook 2.
Carlton van Heerden word beperk tot 68 lopies.
Hoërskool Upington verkry die totaal in slegs 46 balle om die wedstryd te wen.

O/19 Krieket
O/19 Krieket
Agter: Brent Mulder, Ferdie Richter, GT Geldenhuys, Daylon Beukes, Adri Hudson, John-Mark Solomon, Clemens Terblanche, Johannes du Plessis.
Voor: Gideon Breedt, Jaydon Fortuin, Geo Engelbrecht, Benno-Wayne Friedman

Die onder 19-span wat meestal uit onder 15 spelers bestaan het ook baie goed gevaar sover.

Die eerste wedstryd in die liga was teen Hoërskool Keimoes.
Keimoes wen die loot en besluit om eerste te kolf. Ferdie Richter en Brent Mulder neem elk 3 goeie paaltjies. Ferdie staan slegs 5 lopies af in sy toegelate 5 boulbeurte en beperk Keimoes tot 63 lopies.
Uppies gaan kolf en verkry gemaklik die lopies. Daylon Beukes kry 22 lopies, Geo Engelbrecht 10 en Clemens Terblanche 8.
Uppies wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Die tweede wedstryd was teen Hoërskool Duineveld.
Uppies word ingestuur om te gaan kolf en veg verbete om lopies aan te teken. Brent Mulder kolf uitstekend en kry 49 lopies, Daylon Beukes 28 en saam met die res verkry Uppies 120 lopies in 25 boulbeurte.
Duineveld gaan kolf en skop vas teen Uppies se jong boulaanval en wen die wedstryd met 7 paaltjies.

T 20 Shootout
Hoërskool Upington se 1ste span ding mee in die Coca Cola T20 toernooi.

Die eerste wedstryd in die toernooi was teen AJ Ferreira.
Die boulwerk was van hoë gehalte en AJ word beperk tot 94 lopies.
Ferdie Richter en Geo Engelbrecht neem elk 3 paaltjies en Brent Mulder 2.
Uppies kolf en Daylon Beukes teken ‘n goed verdienstelike 35 aan. Met bydraes van die ander kolwers kry Uppies die wenlopies in die 13de beurt.

Die tweede wedstryd in die toernooi was teen Carlton van Heerden.
Carlton teken 93 lopies in hul 20 boulbeurte aan.
Geo Engelbrecht neem 3 paaltjies en Jaydon Fortuin neem 2 paaltjies.
Uppies gaan kolf en Clemens Terblanche klim onder die boulers in en moker 65 lopies van slegs 31 balle.
Die wenlopies word in die 13de beurt aangeteken. Uppies wen die wedstryd met 9 paaltjies.

Reserwe Liga
Reserwe Liga
Agter: Daylon Beukes, Johannes du Plessis, JB Giliomee, Pieter Cockeron, Theuns Kotze, William Briekwa, Brent Mulder, Ferdie Richter
Voor: Geo Engelbrecht, SW Strauss, Bobby Duvenhage, Jaydon Fortuin
Die senior spelers is sterk besig met die 50 boulbeurt liga. Vier wedstryde is al gespeel waarvan hul 3 oortuigend gewen het.

Die eerste wedstryd was teen Upington Dorp.
‘n Moeilike kolfblad en ‘n goeie boulaanval van Uppies beperk die besoekende span tot slegs 88 lopies.
Benré Engelbrecht neem 4 paaltjies, Austin Williams 3 en Nakkie Duvenhage 2.
Uppies kolf en slaan die wenlopies in die 18de beurt. Benré Engelbrecht teken 23 lopies aan, Daylon Beukes 18 en Theuns Kotze 15.
Uppies wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Wedstryd nommer 2 is teen Dragons.
Uppies kolf eerste. JB Giliomee het ‘n baie goeie beurt en teken 42 lopies aan, Daylon Beukes 37 en Theuns Kotze 36. Uppies se totaal word opgestoot na 176 lopies.
Dragons kolf en word na baie goeie boulwerk van Henco Kotze wat 5 paaltjies geneem het en Austin Williams wat nog 3 neem, word Dragons uitgeboul vir 140 lopies.
Uppies wen die wedstryd met 36 lopies.

Die volgende wedstryd was teen Carltonians.
Carltonians gaan kolf en skop vas teen die boulaanval van Uppies. Die boulers sukkel om hul styl te vind en baie bylopies word afgestaan wat Carltonians se totaal tot 260 druk.
Uppies gaan kolf en die eerste 2 paaltjies val vinnig en plaas baie druk op die res van die kolwers. Van die kolwers vaar uitstekend: Bobby Duvenhage slaan 64 lopies, Pieter Cockeron 43, Benré Engelbrecht 42 en Theuns Kotze 27, maar dit alles was nie genoeg om die westryd te wen nie.
Uppies verloor die westryd met 48 lopies.

Die 4de wedstryd was teen Upington Lions.
Die Lions word ingestuur om te gaan kolf. Die openingskolwers is aanvanklik baie gevaarlik en het die bal goed die veld in rondgestuur. SW Strauss neem 6 paaltjies met sy draai boulaksie en bring die aanslag tot ‘n end. Geo Engelbrecht neem ook 2 goeie paaltjies om Upington Lions se totaal by 168 te stop.
Uppies se kolfwerk was uit die boonste rakke. Theuns Kotze slaan 41 lopies van 16 balle. Bobby Duvenhage moker 29 van 14 balle, maar die kolwer wat elke bal met meriete gespeel het was SW Strauss wat 46 lopies van 29 balle geslaan het.
Uppies wen die wedstryd met 5 paaltjies.

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee