Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies se skole Fast 5 dag vol pret en plesier

Uppies se skole Fast5 dag vol pret en plesier

 

Uppies het op Vrydag 4 Oktober hul jaarlikse skole Fast5 dag gehou. Die dag was gevul met hope pret, goeie sportmangees, baie lag en prettige uitrustings.

Spanne het deelgeneem in twee ouderdomsgroepe naamlik Gr.6 – 9 en Gr.10 – 12. Die wedstryde het bestaan uit twee helftes van 5min elk asook n twee minute powerplay wat vir groot opwinding gesorg het.

Uppies netbal wil elke span wat deelgeneem het opreg bedank vir julle deelname en ondersteuning.

Baie dankie aan Upington Toyota wat hulle tent vir ons opgeslaan het vir koelte vir die spanne. Dit word opreg waardeer.

2020 maak ons verseker weer so.

Foto:

Voorste ry (vlnr):  PG Human, Lize van Niekerk, Di-Mari Visser

Agterste ry (vlnr):Eric Swanepoel, Ruan le Roux, Nina Slabbert, Jessi Wessels, Marnel Oberholster, Theuns Theunissen

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee