Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies se Skoleskiet

Uppies se Skoleskiet

 

Tydens die finale kompetisie wat op 16 en 17 Augustus 2019 in Upingon gehou is, het die Uppieskuts puik presteer.

In die o/16 Sportergeweer kompetisie kry Janko Botma twee goue medaljes: 1 in die drie-posisie en een in die staanposisie.  In die o/21 Sportergeweer kompetisie kry Juan Steenkamp twee silwer medaljes in die drie-posisie en in die staanposisie.

In die o/21 Veergeweer kompetisie kry Wian van As ‘n silwer medalje in die drie-posisie.  In die o/16 Veergeweer-kompetisie kry Markus Gous ‘n brons medalje in die staanposisie.

Ashton Willemse, Uppies se rolstoel lugpistoolskut, kry ‘n silwer medalje vir die o/14 pistool kompetisie.

Tydens die ‘Target Sprint’ kry Petrus Labuschagne ‘n silwer medalje vir die o/21-groep.  Janko Botma kry ‘n silwer medalje en Ayden Smith kry ‘n brons medalje in die o/16-groep.

Skietbekers vir die beste skuts vir 2019 gaan aan Juan Steenkamp vir beste o/21 Sportergeweerskut en aan Janko Botma vir beste o/16 Sportergeweerskut.

Die volgende skuts is in die NK-spanne opgeneem wat tydens die September vakansie aan die SA-skoleskietkompetisie in die Kaap gaan deelneem.

 

Noord-Kaap A-spanne:

Juan Steenkamp

Janko Botma

Wian van As

Noord-Kaap B-spanne:

Petrus Labuschagne

Markus Gous

 

Ashton Willemse, Uppies se rolstoelskut is ook uitgenooi na die SA-kompetisie.

Baie dankie vir alle ouers se ondersteuning.  ‘n Spesiale dank ook aan mnr. Johan Steenkamp wat tydens elke kompetisie as baanoffisier opgetree het.

Foto:

Voor v. l. n. r Markus Gous, Ayden Smith, Ashton Willemse, Janko Botma, Wian van As.

Agter v. l. n. r Juan Steenkamp en Petrus Labuschagne.

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee