Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies skoleskiet staatmakers

Uppies skoleskiet staatmakers

 

Tydens die kompetisie wat op 5 en 6 April by Hoërskool Upington gehou is, het die Uppieskuts puik presteer en die nuwe skuts het vir die eerste keer ‘n skietkompetisie ervaar.

In die o/21 Sportergeweer kompetisie kry Juan Steenkamp ‘n goue medalje in die drie-posisie én in die staanposisie. Juan is ook algeheel eerste in sy ouderdomsgroep.  In die o/16 Sportergeweer kompetisie kry Janko Botma ‘n silwer medalje in die drie-posisie en brons in die staanposisie.  Janko is algeheel tweede in sy ouderdomsgroep.

Tydens die ‘Target Sprint’ kry Juan Steenkamp ‘n goue medalje en Petrus Labuschagne ‘n brons medalje vir die o/21-groep en Janko Botma kry brons in die o/16-groep.

Ashton Willemse, Uppies se eerste rolstoel lugpistoolskut, neem aan sy eerste kompetisie deel en kry ‘n silwer medalje.  Uppies is baie trots op sy toegewydheid en deursettingsvermoë.

Foto:

Janko Botma, Juan Steenkamp, Ashton Willemse en Petrus Labuschagne

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee