Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uppies speel Springbok warm!

Uppies speel Springbok warm!

Uppies het dié afgelope naweek na Hoërskool Namakwaland getoer en heerlik gespeel in die koue.

Vrydag, 18 Julie, het die skaak al vingers losgemaak en begin met informele blitsskaak en 2 formele wedstryde daarna. Dit was `n goeie dag vir die skaak en die spelers het hul goed van hul taak gekwyt.

Die twee hokkiespanne het ook lekker gespeel en goed gewen. Ook vir tennis en rugby was dit `n goeie dag en hul het oortuigend gewen teen Hoërskool namakwaland. Die netbaldogters het met tye swaar gekry, maar moes met verswakte spanne speel teen ouer groepe!

`n Groot dankie aan Hoërskool Namakwaland vir hul gasvryheid. Jul is gedugte opponente en ons hoop hierdie toer word `n jaarlikse instelling.

 

Foto:

Agter

Chabaneam Saal, Eric Swanepoel, Manqoba Manale, Adri Hudson, Bradley Gous, JP du Plessis, Elwin Wickens, Chrisjan Labuschagne.

Voor

Eldrin Esterhuizen, Dian Jacobs, Benno Bezuidenhoudt, Dehanu van Rooi, Clemence Terblanche, Micheal Wessels

Heel voor

PG Human, Fc vd Heever, Chad Minnaar, Andries Engelbrecht

 

Kopiereg © 2019. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee