Trotste tradisies sedert 1896 | Proud traditions since 1896

Uit die hoof se kantoor

1896 – 2016

Hoërskool Upington se geskiedenis vertel die inspirerende verhaal van 120 jaar.

Hierdie geskiedenis word daagliks geskryf en herskryf deur oud-skoliere, huidige skoliere, personeel en vriende van die skool. Kyk asb. uit vir Uppies se 120 jaar koffietafel-feesboek wat 12 Augustus 2016 bekend gestel gaan word.

We though do not focus on what is behind us, but rather on what lies ahead of us. The difficulties of the past 120 years are viewed as the oppurtunities of this year and beyond. Ons, by Hoërskool Upington, is daagliks besig om ons missie en visie voluit te leef en na te streef. Ons droom groot vir onsself, ons skool, ons ouers – en die belangrikste, ons leerders.

Hoërskool Upington kan met trots verklaar dat ons die kernwaardes (integriteit, verantwoordbaarheid, respek, selfdissipline, ʼn positiewe ingesteldheid asook ‘n christelike lewensbeskouing) uitleef. Hoërskool Upington is nogsteeds ʼn skool wat nie net kennis oordra nie, maar ook bou aan die karakter van ons leerders.

Ek, as trotse oud-skolier, sal nooit ophou hoop vir ons skool nie, want as jy nie waag om te hoop nie, sal jy nooit uitvind wat aan dié anderkant wag nie. Hier glo ons in onsself en in ons Hemelse Vader – ons is verseker nie bang vir die onbekende toekoms nie.

By ons Alma Mater berei ons leerders voor om anderkant die onrus en vlamme te kyk en hul onlosmaaklike deel by te dra vir die toekoms van dié Suid-Afrika waarin ons glo.

Die prestasies van Hoërskool Upington, met alle nodige rolspelers oor die afgelope 120 jaar, is uniek en verseker wenners in eie reg. Dit is met opregte dankbaarheid dat ek hulde bring aan oud-skoolhoofde, oud-skoliere, huidige personeel korps en leerders asook alle ouers wat die afgelope 120 jaar ʼn onlosmaaklike deel van die skool en sy prestasies is en was. Ek salueer u.

Dit is verder met nederige dankbaarheid dat ek as hoof besef dat die opvoeders by hierdie unieke skool elkeen toegerus en uitgekies is deur ʼn Hoër Hand.

Dit is ook met innige dankbaarheid dat ons kan dankie sê aan ons Hemelse Vader wat ons getrou behoed en bewaar het in Sy groot liefde.

Aan elke individu wat besonderse voetspore by die trotse Uppie-land die afgelope 120 jaar getrap het, of in die toekoms gaan trap…

“‘n Goeie boom dra goeie vrugte.”

Kopiereg © 2018. Hoërskool Upington High School. Alle Regte Voorbehou.

Webwerf Ontwerp en Onderhou deur Web Ateljee