Hoërskool Upington het reeds sy 126 ste verjaarsdag gevier – en die lang lys suksesse maak ons trots.

Die Uppiefamilie het onder meer opgelewer:

  • Twee rektore: Prof Chris Brink (Universiteit Stellenbosch) en Prof Stef Coetzee (Vrystaat Universiteit).
  • Professore en skrywers – selfs ‘n Hertzogpryswenner en Erelid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in die persoon van Prof Gerhard Beukes
  • 4 Rugbyspringbokke, Tiaan Strauss (1992 –1994) uitgewyk na Australië en uitgedraf vir Wallabies, Willem Barnard (Nieu-Seeland 1949 en Wallis 1951), Daantjie Rossouw (2 toetse in 1953) en Abé Hummel.
  • Verskeie sportmanne en –vroue wat Suid-Afrika en selfs Namibië in verskillende sportsoorte verteenwoordig het.
  • Die skool was verskeie kere as die top akademiese skool in die provinsie aangewys.
  • Statistiek toon dat ongeveer 68% van ons Graad 12 leerders jaarliks verder gaan studeer. (Ongeveer 700 oud-skoliere het grade by verskeie universiteite die afgelope 10 jaar behaal)

En die huidige Uppies hou die lys in stand:

  • Die Dekaanstoekenning vir akademiese toppresteerder in die B. Hons (Biokinetika) program by Maties, het onlangs na ‘n Oudleerling gegaan;
  • Die skool word steeds op Provinsiale vlak verteenwoordig; vanaf rugby, tennis tot hokkie,netbal, karate, skiet en hengel. Ons leerlinge word steeds opgeneem in provinsialeskaakspan – en het onlangs die Noord-Kaap Skaakkampioen opgelewer!
  • Uppies het onlangs 3 leerders in die SA Biathle-span gehad,
  • Die skool wen steeds Afrikaanse Olimpiades en Wêreldkennis Olimpiades.
  • Die Musiekleerders en koor onderskei hul by kunstefeeste, verskeie leerders wen in nasionale kunskompetisies en die skool se Drama-suksesse is legendaries.
  • Uppies het tydens die laaste ATKV Nasionale Ekspo ‘n nasionale derde plek verower onder mediumgrootte skole – die enigste skool in Noord-Kaap wat vir hierdie toekenning in aanmerking gekom het – en Mishka Dames se opstel het haar ‘n eerste plek in die land besorg in die afdeling Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
  • Die skool word onlangs aangewys as een van die Top Wiskunde skole in die Noord-Kaap.
  • Hoërskool Upington het ‘n leerder op die ABSA Junior Direksie en was die enigste kandidaat van Afrika (en een van net 16 in die wêreld) om ’n lid te hê wat in die Wikimedia-stigting se raad van trustees dien.