Busdienste
Hoërskool Upington beskik oor ‘n busdiens waar ons skoolbusse uitverhuur aan ander skole.
Kontak gerus die skool vir besprekings. Daar is 3 verskillende grote busse beskikbaar.
Nasorgdiens
Hoërskool Upington beskik oor ‘n nasorgdiens waar leerders in die middae in die koshuise, geakkomodeer word ten opsigte van etes en studietye. Hierdie diens word spesiaal gelewer vir werkende ouers asook ouers wat ver uit die dorp bly.
Ouers wat in hierdie diens belangstel moet asb. vroegtydig die skool kontak om u kind se plek te verseker. Plekke is beperk en is slegs beskikbaar indien fasiliteite dit toelaat.
Therapeutiese dienste
Hoërskool Upington Upington en FAMSA het ‘n samewerkende ooreenkoms gesluit ten einde Personeel en Leerders van die skool te ondersteun wanneer die behoefte ontstaan.
Dienste SLUIT IN:
- Berading aan Personeel en Leerders
- Emosionele ondersteuningsdienste
- Terapeutiese en ondersteunGS en Inligtingsgroepe
- Lewensvaardigheidsprogramme
- Ouerleidingsprogramme aan ouers
- Inligting Sessies oor aktuele onderwerpe