• 1896Die begin

    1896 het geboorte gegee aan “Upington Public School”; ‘n paar klaskamers vir 102 leerlinge ingerig in die ou kerkgebou van die NG Kerk. Groei het uitbreidings genoodsaak en op 8 Mei 1904 is ‘n nuwe skoolgebou in gebruik geneem. Twee jaar later word leerlinge se akkommodasie behoeftes aangespreek d.m.v ‘n addisionele kamer by die nuwe gebou. Op voorstel van mnr. BJB van der Merwe, ondervoorsitter van die skoolkomitee, word die skool tot ‘n Tweedeklas-skool (middelbare skool) verhoog.

  • 1907Sportfasiliteite

    Op voorstel van mnr. BJB van der Merwe, ondervoorsitter van die skoolkomitee, word die skool tot ‘n Tweedeklas-skool (middelbare skool) verhoog. Teen 1907, onder hoofskap van Mnr. Slabbert, spog die skool met ‘n tennisbaan en krieketkolfblad.

  • 1919‘n Nuwe skool

    ‘n Nuwe skool word in 1919 gebou en van daar af het gereelde uitbreidings en aanbouings gevolg. Teen 1933 was dit feitlik die grootste skool in Kaapland en word planne vir ‘n skoolsaal opgestel (die huidige D.W van Rensburgsaal). ‘n Houtwerkkamer en laboratorium volg, die skoolgebou word ‘n dubbelverdieping en ‘n nuwe skoolsaal word op 26 Maart 1958 deur Dr. Gerhard Beukes ingewy. ‘n Wapenkamer word gebou, tennis- en netbalbane verskuif, 9 klaskamers word na 34 en 4 laboratoriums uitgebrei.

  • 1914Die eerste koshuis

    Die eerste koshuis word in April 1914 geopen, maar doen eers tydelik diens as hospitaal ten tye van die Eerste Wêreldoorlog. Voordat ‘n koshuis vir seuns in 1945 voltooi is, is seuns in die skoolsaal gehuisves.

  • 1983 Kultuursentrum

    Gedurende 1983 oorhandig prof Gerhard Beukes sy boekery en sy droom om ‘n kultuursentrum rondom hierdie literêre skat te ontwikkel, aan sy Alma Mater. Hierdie geestesskat word sedertdien in sy eie vertrek gehuisves. Planne is gefinaliseer om die Gerhard Beukes Biblioteek gedurende 2011 in ‘n kultuursentrum te omskep.

  • 2018-2022Die skool tot hede

    Gedurende die laaste twee jaar is daar heelwat gemoderniseer en onlangs is ‘n toerismesentrum en wiskundesentrum op die terrein ingerig. Drie rugbyvelde (waarvan een spreiligte het) en ‘n gras-hokkieveld is aangebring. Die skool se voorkoms het so pas baie aandag geniet en nuwe tuine is aangelê.

    In 20?? neem Hoerskool Upington die inisiatief en ook die hokkieveld word vernuwe. ‘n Heel nuwe Astrobaan word opgerig en binne die volgende paar jaar het al ons hoofvelde elektroniee telborde.

    ‘n Klubhuis met sy eie kosbare rugbymemento’s is nie net vir leerlinge en ouers aangebou nie, maar veral om aan oudleerlinge ‘n plek te bied waar hul kan saamkuier en sê: “Dis lekker om weer tuis te wees”.