Die volgende sport word by HU aangebied:

 
Hoërskool Upington het ‘n ryke rugby tradisie. Ons spog met ‘n 10 jaar opeenvolgende Interskole oorwinning.

As deel van ons deurlopende missie om ‘n krag in Suid-Afrikaanse skolerugby te wees, verseker ons dat die seuns die geleentheid kry om gereeld te kompiteer teen ander spanne, al beteken dit om lang afstande af te lê weens die feit dat Upington so afgeleë is.

Springbok en Internasionale Wêreldbeker spelers wat Hoërskool Upington al opgelewer het sluit in Willem Barnard (Springbok 1949 - 1952), Daantjie Rossouw (Springbok 1953), Tiaan Strauss (Springbok 1992), Theuns Kotze (Namibie Wêreldbeker) en mees onlangs, Jasper Wiese, wie tans ‘n Springbok is.


Krieket word in die eerste en die vierde kwartaal aangebied.

Met drie uitstekende afrigters is die Uppie krieketspan een om mee gereken te word.


Netbal is ‘n passie by Hoërskool Upington en die hoogs gekwalifiseerde afrigters lewe vir die sport. Wedstyde word wyd en suid gespeel om spelers bloodstelling te gee.

Toernooie waaraan deelgeneem word is Waterkloof, Hoërskool Sentraal en Twizza Toernooi Potchefstroom.

Ster spelers wat Uppies al opgelewer het sluit in Riana Liebenberg (SA 0/21 netbal 1997), Julene Meyer (SA 0/21 Netbal 1998), Marli Lombaard (SA Netbal 2003 - 2004) en Cleo Minnaar (Provinsiale Netbalspan, SA Top 35 2015 - 2019).


Uppies hokkie kom al ‘n baie lang tyd, maar soos ons in die tyd van ASTRO-velde in beweeg het, het hokkie die vinnigste groeiende skoolsport in die land geword en die kompetisie in die sport het baie sterk geraak.

In 2018 het Uppies in samewerking met Fanie Malan en Op die Voorpos ons eie Astro gebou. Die Astro is dié trots van Uppies hokkie en stel ons in staat om op gelyke voet met ander groot skole te kompeteer. Uppies hokkie is ‘n krag waarmee rekening gehou moet word.


Hoërskool Upington het ‘n baie ryk tennistradisie. Spanne word afgerig deur professionele TSA afrigter en oefen reg deur die jaar.

Spelers word blootgestel aan gereelde Skoolwedstryde, Deelname van die TSA Rising Star, Verskeie skoletoernooie en Noord Kaap Provinsiale deelname.

Uppies is bevoorreg om konstante top spelers te lewer op provinsiale- asook nasionalevlak. Uppies tennis uitsonderlike prestasies sluit in Robert Mathee wat in 2010 SA veteranespan gehaal het en Elanie Brand wat in 2019 SA 0/19 skolespan gehaal het.


Saam met die afskop van die nuwe jaar, skop die atletiek seisoen ook af.

Hoogtepunte op die atletiekkalender sluit in Interhuisbyeenkoms, Zone, Destrik, SA’s en Top 20 uitnodigings byeenkoms in Kimberley.


Hoërskool Upington se skuts oefen twee maal per week.

Hulle neem deel in twee afdelings nl. Veer- en Sportergeweer. Uppies lewer top skuds jaarliks.


Wat by Hoërskool Upington se skaak uitstaan, is die ingestelheid van die spelers. Dit is vir ons baie belangrik dat die spel ook geniet word.

Uppies het ‘n Groot skaakstel aangeskaf in 2022 waarmee opwindende en pret toernooie gespeel word.

Ons kinders ontvang weeklikse lesse by die skool asook ekstra aanlyn klasse ter voorbereiding van groot toernooie. #uppiebrainpower