Die koshuise bestaan reeds vir langer as 90 jaar.
Ons Meisiekoshuis – Huis Vereniging, bied losies aan 80 dogters, terwyl Huis Oranje, ons seunskoshuis ook 80 seuns kan huisves.

Ons personeel poog om vir ons plattelandse leerders ‘n veilige en huislike atmosfeer te skep waarin hulle geborge sal voel
Ons koshuise bied:
- Veilige (elektriese omheining) en aangename huisvesting.
- Opgeleide personeel wat tussen die leerders woon en verseker dat goeie dissipline en Christelike waardes geld.
- Spyskaarte vir gebalanseerde etes
- Sport- en skoolgronde is binne ‘n radius van 100m.
- Bekostigbare losiesgelde.
- Baie ruimte en ontspanningsfasiliteite.
- Vasgestelde en verpligte studietye.
- Vasgestelde tye vir Bybelstudie.
- Die koshuisgangers se sosiale lewe sluit in: Sokkies, TV, Fliek, ‘af- of dorpmiddae” op Woensdae, en die jaarlikse koshuisafsluiting.
- Inwoners kan naweke inbly teen ‘n addisionele tarief. Daar is twee verpligte uit-naweke per kwartaal.



