Die Uppies Studiesentrum is veel meer as net 'n Wiskunde-Ekstraklas lokaal.
Dit is Maandae tot Donderdae oop tot 16:00 en word bestuur deur Mev Truter. Leerders woon daar tutoriale by (meestal in Wiskunde Gr 8 - 12).
Danksy die toevoeging van Me. Azel le Grange geniet Fisiese Wetenskap ook Junior Wiskunde bykomende aandag. Die sentrum is gerieflik ingerig vir huiswerk doen terwyl jy wag vir jou namiddag aktiwiteite om the begin.
Daar is 'n rekenaar met internet toegang vir navorsingsdoeleindes en studietafels waar groepe saam kan werk aan take. Verdere dienste is toegang tot Wolkskool, hulpboeke in verskeie vakke, ou vraestelle en studiemetode-ondersteuning.
Die Studiesentrum is geleë in die Uppies-biblioteek in die hartjie van die skool - 'n ware akademiese milieu, vol warmte en ondersteuning. Hier kan 'n leerder onbeperk droom en daadwerklik bou aan hul toekoms.
Tydens toetsreeks en eksamens is die studiesentrum oop vanaf 07:30 - 13:00 as 'n stilstudielokaal met volwasse toesig. Ouers moet egter hul leerder se plek bespreek by Mev Truter, om kontrole rakende leerders se bywoning te verseker.